DIE OMGEWING

Daar is baie om te doen en te sien, nie net binne die grense van Leeupoort Vakansiedorp en die 823 Ha wildkamp nie, maar ook in die omliggende gebiede en dorpe rondom Leeupoort. In die skyfievertoning hieronder lys ons net ‘n paar van die vele kenmerke en besienswaardighede wat vir besoekers beskikbaar is.

Plaas jou muis oor die skyfievertoning om dit te onderbreek, jy kan ook aan die
linker- of regterkant van die foto klik om vorentoe te beweeg of terug te spoor.

DIE GESKIEDENIS VAN LEEUPOORT VAKANSIEDORP

Leeupoort Vakansiedorp het ‘n lang en kleurryke geskiedenis wat hier as ‘n tydlyn beskryf word. Soos met alle dinge in die lewe, was alles nie altyd maanskyn en rose nie en was die pad baie dae klipperig en ongelyk …

Jagters en pioniers vestig hulle in die gebied en bou harbeeshuisies langs die Blinkwaterspruit en in die klowe van die Waterberge. Malaria-koors en tsetsevlieë het in die beginjare sy tol geëis, maar bittereinders, soos die Pistorius-familie, het hulle penne al dieper ingeslaan in die area. Daar was heelwat roofdiere soos leeus, luiperds, hiënas, wildehonde asook groot getalle olifante, buffels en renosters.

Die plaas Rooykrans se titel-akte word geregistreer in die naam van Christiaan Pistorius. Hierdie is die eerste aangetekende geskiedenis van die grond wat later van tyd Leeupoort Vakansiedorp word.

Die plase Weihoek en Rooykrans, ongeveer ‘n totaal van 2140 ha word in die naam van George Frederik Theodor Pistorius geregisteer.

Een van die eerste skole in die omgewing was onder ‘n bloekomboom in die huidige Leeupoort Karavaanpark gestig.

Tom du Plessis word die nuwe eienaar van die Pistorius Plaas.

Die eienaar, Tom du Plessis, se familie Jan, Hendrik, Aal en Thomas du Plessis en bywonersgesinne, onder andere die Fourie- en Robbertsegesinne woon op die plaas. Hierdie gesinne en ander in die omgewing gaan skool by die Laerskool waar Martiens Stander die skoolhoof was, bygestaan deur 4 kollegas. Die Stander-onderwyswoning se oorblywende ruïne is te sien suid van Leeupoort Vakansiedorp se dam in die 823 ha wildskamp.

Hendrik Frederik Bouwer koop Weihoek en Rooykrans en verkry mineraleregte op dele van hierdie plase.

Mineraleregte op verdere plaasgedeeltes word aan Anna Catharina Stander toegeken.

Gilliam Christoffel Booysen, ‘n voormalige besturende direkteur van Protea Vakansieoorde Bpk, word Weikrans, soos die gekonsilideerde Weihoek- en Rooykransplase bekend gestaan het, se nuwe eienaar.

28 Julie 1965 word hierdie eiendom tot die Du Plessis Privaat Natuurrerservaat geproklameer, proklamasienommer 225 van die destydse Transvaal Provinsie.

Gilliam Christoffel Booysen en Karel Rademeyer sluit ‘n vennootskap op ‘n vakansie-oord rondom die bekende warmwater-bronne van die waterberge te ontwikkel en die maatskappy Leeupoort Minerale Bron Edms Bpk word gestig. Die R3 943.78 aandelekapitaal word opgedeel in 1 537 600 aandele sonder ‘n pari-waarde.

Protea Vakansie-oord word venote van Leeupoort Minerale Bron in ‘n dorpstigting- en ontwikkelingsprojek. Die seskantige ronddawel vorm huise word gebou in Leeupoort Vakansiedorp Proper, maar talle vertragings in die dorpstigting word vir meer as 10 jaar ondervind. Goedkeuring moes deur sowat 30 staatsdepartemente verkry word. Daar was talle kwessies rondom die mineraleregte en watervoorsiening aan huishoudings.

Ryk Tulbach Beleggings, voorheen Protea Vakansie-oord, raak insolvent. Jacobus Johannes Strydom, die skoonseun van Gilliam Christoffel Booysen, word die besturende direkteur van Leeupoort Minerale Bron en is verantwoordelik vir die paaie, wildbestuur en bemarking van die eiendomme.

Leeupoort Privaat Wildtuin (Edms) Bpk kom tot stand en doen ook sake onder die naam Leeupoort Vakansies.

20 Mei 1981 word Leeupoort Vakansiedorp amptelik as dorp geproklameer. Die dorpsontwikkelaar en eienaar is Leeupoort Minerale Bron en die eerste Uitbreiding Proper word aangekondig 5 Augustus 1981. Verkoopsprys van erwe was R3 000 tot R5 000 elk. Die beplanning was om 1 089 erwe uit te lê saam met groenstroke, parke, ‘n erf spesiaal vir besigheidsdoeleindes en ‘n hotel.

Uitbreiding 1 word geproklameer.

Uitbreiding 2 word geproklameer en Huisgenoot plaas ‘n artikel oor Leeupoort Vakansiedorp “Grond is meer werd as goud”. Erwe verkoop teen R12 500 elk. Die department van Plaaslike Bestuur onder die Transvaalse Provinsiale Administrasie bepaal dat geen erwe in Uitbreiding 3, 4 of 5 verkoop mag word voordat Leeupoort Minerale Bron die watervoorsiening en sanitasiegeriewe verpligting nakom nie.

Leeupoort Eienaars- en Kopersverening word gestig. Die voorsitter was JJM Coetzee. Hierdie was die eerste organisies wat die belange van die eienaars en kopers beskerm het. Erwe verkoop op hierdie stadium vanaf R9 500 elk.

130 Huise is in die geproklameerde dorp gebou, erwe verkoop teen R16 500 tot R30 000 elk. Leeupoort Privaat Wildtuin (Edms) Bpk word aangestel om uitsluitlik na die wild om te sien. In 1987 is die enigste Boeremusiek Monument in Suid-Afrika onthul in Leeupoort Vakansiedorp.

Konstruksie van die reservoir in Leeukruin begin en waterpype van ongeveer 29 km word aangelê.

Erwe verkoop teen R16,000 elk. Leeupoort Minerale Bron kon nie die verpligtinge ten opsigte van die reservoir se R780,000 verbandlening nakom nie en konstruksie staak. Daar word besluit om 2 kontant beleggers te nader met die volgende aanbod: Koop 10 erwe teen R10,000 elk kontant met die opsie om dit te hou of te herverkoop teen R16,000 elk en sodoende ‘n wins op die belegging te maak. Hierdie 2 kopers het die betaling direk in die reservoir se verbandlening betaal. Na ontvangs is die reservoir voltooi. Finansiële wanbestuur lei tot Leeupoort Minerale Bron se bankrotskap.

Die Raad op Plaaslike Bestuursaangeleenthede neem Leeupoort Vakansiedorp se dienste soos vullisverwydering, watervoorsiening, paaie en sekuriteit oor. Die geregtelike bestuur van Minerale Bron en Raad op Plaaslike Bestuursaangeleenthede onderteken ‘n koopooreenkoms van R1,88 Miljoen wat al die wild op die eindom insluit.

Weikrans word amptelik in die Aktekantoor oorgeplaas in die naam van Raad op Plaaslike Bestuursaangeleenthede.

Eskom elektriese krag word goedgekeur vir Leeupoort Vakansiedorp.

Raad op Plaaslike Bestuursaangeleenthede en Plaaslike Gebiedskomitee ontbind en Leeupoort Vakansiedorp se administrasie word oorgeneem deur die Groter Northam Oorgangsraad en daarna die Bosveld Disriksraak op die destydse Nylstroom, vandag bekend as Modimolle.

Eskom-krag word aangelê in Leeupoort Vakansiedorp. Daar was kritiek teen die uitkap van bome vir die span van oorhoofse kabels in plaas van ondergrondse kabels, maar dit het die koste aansienlik verminder en inwoners betaal krag direk aan Eskom en nie Thabazimbi munisipale tariewe nie. Die aanlê van krag het veroorsaak dat Leeupoort Vakansiedorp nie meer slegs ‘n vakansiedorp was nie, maar ook ‘n residensiële gebied, veral gewild by pensioenarisse om hulle aftrede in ‘n besonderse dorpie in die bosveld tussen die natuur en wildlewe te geniet.

Erf 789 wat eenkant gesit was spesiaal vir besigheidsdoeleindes word na residensieël erwe hersoneer. Hierdie nuwe ontwikkeling is Opiheuwel en bestaan uit 42 geproklameerde erwe wat wissel tussen 2,500m2 en 4,000m2.

Erfpryse in Leeupoort is gemiddeld R6,500, nader aan die reservoir gemiddeld R20,000 en Opiheuwel gemiddeld R60,000.

Daar is ‘n openbare veiling van 400 m2 erwe in Leeupoort. Erwe word verkoop teen ‘n gemiddeld van R7,000 elk.

Bosveld Distriksraad word oorgeneem deur Thabazimbi Munisipaliteit, saam daarmee die volle eienaarskap van Leeupoort Vakansiedorp.

Jukskeiklub word gestig in Leeupoort Vakansiedorp en later het veerpyltjies ook bygekom as aktiwiteit.

Die Eienaars Forum word gestig en bestaan uit wyksverteenwoordigers van Leeupoort wat geen uitvoerende magte het nie, maar bedien Thabazimbi Munisipaliteit met raad. Alhoewel die Forum insette kan lewer, behoort Leeupoort Vakansiedorp aan Thabazimbi Munisipaliteit en alle finale besluite rakende Leeupoort Vakansiedorp berus by die Thabazimbi Munisipaliteit. Almal wat deel vorm die forum doen dit sonder enige vergoeding en het geen besluitnemingsbevoegdheid nie.

Erf 654 wat eenkant gesit was as Hotelerf word hersoneer na 31 residensiële erwe bekend as Leeukruin.

Leeupoort Vakansiedorp se Boeremusiek monument, wat in 1987 onthul was, word herbou. Die Biblioteek naby die Jukskeibane word geopen. Later van tyd verskaf die Leeupoort Gemeenskapsforum finansiële bydrae om die biblioteek te vergroot.

Leeupoort Gemeenskapsforum bou mure om die onooglike vullisversamelingspunt by die ingang en ‘n afvoerband vir vullissakke word voorsien. Die ingang se middelmannetjie word met ‘n klipmuur versier en tuine by die ingang, munisipale kantoor en welkom-driehoek word uitgelê.

Leeupoort Gemeenskapsforum voorsien die fondse om die oorloop vanaf Raphuti se riooldam te herlei, weg van die Leeupoort Vakansiedorp se hoofingang.

8 Augustus 2015 word die automatiese motorhekke vir voertuie en ‘n draaihek vir voetgangers met gesigserkenning in werking gestel. Die toegangstelsel word ondersteun deur ‘n kragopwekker ingeval van kragonderbrekings.

‘n 1958 Fordson Major Trekker word geskenk deur ‘n goedhartige afgetrede boer en Leeupoort inwoner. ‘n Doelgerigte brandbeskrydings sleepwa en noodvoertuig word opgebou uit ‘n leen bakkie deur ‘n Leeupoort inwoner. Hierdie noodvoertuig en sleepwa het baie handig tepas gekom met weghol veldbrande oorkant die R516 die daaropvolgende jaar.

Leeupoort Gemeenskapsforum verkry ‘n sleepskrapper en roller vir die trekker om die paaie sowel as die stortingsterrein by Raphuti instand te hou. Afvoerslote vir stormwater word gegooi in hoofpaaie om water te herlei.

Gedurende die Leeupoort Gemeenskapsforum se April vergadering word daar besluit om die 1958 trekker te herstel. Talle Leeupoort inwoners bied hulle kennis en fisiese kragte gratis aan vir hierdie enorme taak en die trekker is Novembermaand voltooi. September kry Leeupoort Vakansiedorp nuwe kennisgewingborde by die ingang na die dorp. Oktober begin die Leeupoort Gemeenskapsforum, in samewerking met die nodige raadgewers, die opgradering van die Eendedam, naby Civiapaadjie, om dit na sy eertydse glorie te herstel.