BESKIKBARE GERIEWE

Hierdie selfsorg-vakansiehuis bied slaapplek vir tot vier gaste en is geleë te 1016 Buffelpaadjie in Leeupoort Vakansiedorp, Uitbreiding x5. Die eiendom is sowat 500 m van die natuurreservaat se hoofingang en 400 m van die sonsondergang uitkykpunt geleë.

Plaas jou muis oor die skyfievertoning om dit te onderbreek, jy kan ook aan die
linker- of regterkant van die foto klik om vorentoe te beweeg of terug te spoor.

Paulandi Vakansiehuis het die volgende geriewe beskikbaar:

  • Hoofslaapkamer met dubbelbed en ‘n 9,000 BTU lugversorger.
  • Volledige badkamer met bad, stort, wasbak en toilet.
  • Leefarea met twee enkelslaapbanke en ‘n 24,000 BTU lugversorger.
  • Oopplan-kombuis, voledig toegerus met ingeboude stoof en oond, mikrogolfoond, yskas / vrieskas en ysmasjien.
  • Vir vermaak ‘n 40” TV met volle DSTV pakket.
  • 3m x 7m Houtdek wat toeganklik is deur die leefarea en hoofslaapkamer.
  • Die houtdek is toegerus met ‘n swaaibank, piekniekbank en braai onder dak.
  • Toegeruste buitelug braaigeriewe en boma voor die dek op grondvlak.