TARIEWE

Gekwoteerde tariewe is die eenheidsprys vir Paulandi vir vier mense en nie per persoon nie, ‘n minimum bespreking van twee nagte word vereis. Die aankomstyd vir Paulandi is 14:00 en die vertrektyd is 09:00, behalwe op Sondae wanneer die vertrektyd 16:00 is.

  • Midweek (Maandag – Donderdag) @ R700 per nag.
  • Naweek (Vrydag & Saterdag) @ R800 per nag.
  • Verleng jou naweek (Sondag) @ R600 per nag.
  • Langnaweke & Skoolvakansies @ R900 per nag.

Geen aankomste word op Sondae aanvaar nie, aangesien skoonmaakdienste nie beskikbaar is nie.


‘n Nie-terugbetaalbare administrasiefooi van R400 word per bespreking gehef, hierdie fooi dek ‘n basiese administrasiefooi en die skoonmaakdienste voor aankoms.

Aankoms- en vertrektye sal slegs op versoek verslap word, onderhewig daaraan dat daar geen besprekings voor of na jou aankoms en/of vertrek is nie, asook die skoonmaakdiens se skedule en beskikbaarheid.


PENSIOENARIS AFSLAG

As jy ouer as 60 jaar is, kwalifiseer jy as ‘n pensioenaris om Paulandi teen ‘n afslagtarief gedurende die buite-seisoen tydperk te bespreek. Die normale mid-week tarief van R700 per nag sal jou R3,300 kos op volle prys vir vier nagte insluitend die administrasiefooi. As ‘n kwalifiserende pensioenaris betaal jy ‘n afslagtarief van R2,600 vir die vier nagte, dit is ‘n R700 besparing in jou sak.

Vir die mid-week pensioenarisse afslag sal jy op die Maandag aankom en vir vier nagte bly om die Vrydagoggend te vertrek. Om vir pensioenarisse afslag te kwalifiseer, stuur asseblief vir ons ‘n boodskap op die Praat Met Ons bladsy met die onderwerplyn “Doen Aansoek Vir Pensioenaris Afslag” en ons sal jou terug kontak om jou besonderhede te verifieer.