- Deur ‘n bespreking in te dien, stem u in en aanvaar die bepalings, voorwaardes en reëls van Paulandi en ons sal ‘n faktuur aan uitreik wat binne 24 uur betaalbaar is.
- ‘n Deposito van 50% is betaalbaar en indien u nie betyds betaal nie, sal dit lei tot kansellasie en die bespreking word terug in die poel vrygestel.
- Ons benodig ‘n selfoonnommer per bespreking vir toegangsbeheer by die hek.
- Nader aan u verblyf sal u instruksies en inligting vir u verblyf by Paulandi ontvang.
- Die balans van die faktuur sal 14 dae voor aankoms betaalbaar wees.
- Indien ‘n bespreking binne 14 dae voor aankoms is, sal die volle faktuurbedrag binne 48 uur betaalbaar wees.
- Indien die bespreking binne 48 uur voor aankoms is, sal die volle faktuurbedrag onmiddellik betaalbaar wees.
- Indien u die besprekingsdatums wil verander, sal ‘n administrasiefooi van R400 van toepassing wees.
- Enige kosteverskil plus die administrasiefooi van R400 moet binne 24 uur betaal word voordat die bespreking geskuif kan word.
| KANSELLASIE PERIODE | DEPOSITO-TERUGBETALING |
|---|---|
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100% deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50% deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0% deposito word terugbetaal |


