BESPREKINGS REËLS

Deur ‘n bespreking op die Paulandi aanlyn besprekingskalender in te dien, stem jy in en aanvaar jy die bepalings, voorwaardes en reëls soos uiteengesit op hierdie webwerf. Ons sal binne 24 uur ‘n faktuur aan jou uitreik saam met ons bankbesonderhede.

By ontvangs van die faktuur is ‘n 50% deposito betaalbaar binne 48 uur vir normale besprekings, en binne 24 uur vir spesiale aanbiedinge. Versuim om die deposito betyds te betaal sal daartoe lei dat die bespreking gekanselleer word en die besprekingsdatums terug in die poel vrygestel word vir herbespreking.

Ons benodig ‘n selfoonnommer per bespreking vir registrasie op die sekuriteitstelsel van Leeupoort Vakansiedorp vir die doel van toegangsbeheer. Ingesluit by die faktuur, sal jy instruksies ontvang oor die ontvangs en terugstuur van die sleutel, asook ander inligting wat jou verblyf by Paulandi so gemaklik moontlik sal maak.


BETALINGS VOORWAARDES

Die balans van die faktuur sal 14 dae voor aankoms betaalbaar wees, indien nie betaal word nie of geen aanvaarbare reëlings vooraf getref word nie, sal die deposito verbeur word.

Indien ‘n bespreking binne 14 dae voor aankoms is, sal die volle faktuurbedrag betaalbaar wees binne 48 uur nadat die faktuur uitgereik is.

Indien die bespreking binne 48 uur voor aankoms is, sal die volle faktuurbedrag onmiddellik betaalbaar wees.

KANSELLASIES / VERANDERINGS

Deposito’s is nie terugbetaalbaar nie, maar sou jy ‘n bestaande bespreking na ‘n ander beskikbare datum op die Paulandi-besprekingskalender wil verander, sal die verandering met ‘n R400 administrasiefooi gepaard gaan.

Indien die gewysigde bespreking ‘n verskil in die koste van die bespreking het, is die verskil tesame met die R400 administrasiefooi binne 24 uur betaalbaar, voordat die bespreking na die nuwe datums verskuif word.