HUIS REËLS

Bespreek by Ons Vennote

  1. REG VAN TOEGANG – Die eienaars van Paulandi behou die reg van toegang en oortreders sal versoek word om die perseel te verlaat.
    • Paulandi se eienaars sal nie verantwoordelik gehou word vir enige beserings, verliese, uitgawes of skade van enige aard wat gely of aangegaan word deur enige persoon wat hierdie fasiliteit besoek of gebruik nie.
  2. RIOOLSTELSEL – Die rioolstelsel is ‘n septiese tenk wat oorloop in ‘n stapelriool (“Franse drein”); spoel slegs menslike afval en toiletpapier in die toilet; geen voorwerpe nie.
    • Dames gebruik asseblief die vullisdrom om sanitêre doekies of afval weg te gooi.
    • Moenie enige sterk chemikalieë in die drein afspoel nie, dit beïnvloed Leeupoort se watertafel.
  3. MOENIE ROMMEL STROOI NIE – Neem alle swart sakke met vullis na die dorp se ingangshek wanneer u vertrek – daar is ‘n versamelpunt vir die vullis.
    • Leeupoort het geen straat vullis verwydering diens nie en vullis wat agterbly is ‘n gevaar vir die diere.
    • Ons hef ‘n bykomende fooi van R100 vir die koste wat ons aan die skoonmaakdienste moet betaal om dit te verwyder indien u versuim om dit te doen.
    • Alle skottelgoed moet gedroog en weggepak word, moenie u skottelgoed agterlaat vir die skoonmaakdienste nie.
  4. GEEN ROOK AREA – Paulandi is ‘n nie-rook fasiliteit.
    • Moet onder geen omstandighede ‘n vuur sonder toesig laat nie!
    • Blus ‘n vuur met water nadat dit gebruik is.
    • Neem asseblief die braaivleis as saam met jou vullis op die dag van vertrek.
  5. HOU EENHEID GESLUIT – Indien u nie by die eenheid is nie, sluit die deure en vensters. Bobbejane en ape kan groot skade aanrig.
    • Die noodligte in die kombuis en slaapkamer se skakelaar moet in die middelste posisie wees wanneer u vertrek.
    • Maak seker dat alle gordyne en blindings toegetrek is en dat die vensters en skuifdeure toe en gesluit is op die dag van u vertrek.