HUIS REËLS

  • Die eienaars van Paulandi behou die Reg van Toegang en oortreders sal gevra word om die perseel te verlaat.
    • Paulandi se eienaars sal nie verantwoordelik gehou word vir enige beserings, verliese, uitgawes of skade van enige aard wat ookal gely of aangegaan word deur enige persoon wat toegang tot hierdie fasiliteit verkry of hierdie fasiliteit gebruik nie.
  • Paulandi is ‘n NIE-ROOK-fasiliteit.
    • Vermy asseblief rook binne die fasiliteit.
    • Moet onder geen omstandighede ‘n vuur sonder toesig laat nie! Blus ‘n vuur met water nadat dit gebruik is. Neem asseblief die as saam met jou vullis op die dag van vertrek.

  • As jy nie by die eenheid is nie, sluit die deure en vensters. Bobbejane en ape kan groot skade aanrig.
    • Maak seker met die dag van jou vertrek dat alle vensters, gordyne en blindings toegetrek is en dat die skuifdeure gesluit is.
    • Die aan-af skakelaar van die noodligte in die kombuis en slaapkamer moet in die middel posisie op af geskakel wees met vertrek.
  • Moenie rommel rond strooi nie.
    • Neem alle swartsakke met rommel na die dorp se ingangshek wanneer jy vertrek – daar is ’n versamelpunt vir die rommel. Leeupoort het geen straat vullis verwydering diens nie en vullis wat agterbly is ‘n gevaar vir die diere.
    • Ons hef ‘n addisionele fooi van R100 vir die koste wat ons aan die skoonmaakdienste moet betaal om dit te verwyder as jy versuim om dit te doen.
    • Alle skottelgoed moet gedroog en weggepak word asseblief, moenie jou skottelgoed agterlaat vir die skoonmaakdienste nie.
  • Die rioolstelsel is ‘n septiese tenk wat in ‘n stapelriool (“French drain”) oorloop; daarom versoek ons die gaste om slegs menslike afval en toiletpapier in die toilet te spoel; geen voorwerpe nie.
    • Dames gebruik asseblief die asblik om sanitêre doekies of afval weg te gooi.
    • Moenie enige sterk chemikalieë in die drein afspoel nie, dit beïnvloed Leeupoort se watertafel.