Resensies 2016


Anneke Pieterse
Desember 2, 2016
Lieflike plekkie. Sal beslis weer ‘n wegbreek tydjie boek. Baie dankie Paul en Liandie

 

Annelie Homan
November 28, 2016
Baie dankie vir ‘n onvergeetlike rustige naweek julle plekkie is wonderlik alles wat ‘n mens nodig het, en vir ons heerlike piekniek mandjie, sal definitief weer kom.

 

Anna-Marie Rex
November 26, 2016
Wat ‘n Awesome plek. Hierdie is ‘n plek wat waarlik ons verwagtinge op alle vlakke oortref het. Alles wat ons aan kon dink was daar en nog meer. Hierdie is die plek vir mense wat waarlik ‘n breek soek van alles en almal maar nog steeds in luuksheid. Van die bespreking tot ons die oggend uit is was uiters professioneel. Dankie, dankie sal hierdie plek vir almal aanbeveel!!!

 

Nelia Marais
Oktober 28, 2016
Wow, wat kan ons anders sê as, julle plekkie is stunning. Ons het ‘n fantastiese tyd gehad! Heerlik gerus en ons besoekers elke dag terdeë geniet. Paulandi is goed ingerig met als wat ons nodig gehad het om ons verblyf so gemaklik moontlik te maak. Baie dankie Paul en Liandie.

 

Izabel Hoogendoorn
Oktober 17, 2016
Wat ‘n wonderlike lekker plekkie binne die bosse so naby aan.die natuur.  Dit was verskriklik lekker.  Ons sal nêrens anders binne Leeupoort weer gaan bly na ons die afgelope naweek by julle plek was nie.  Julle sien ons verseker gou weer.

 

Nicola Polley
Oktober 14, 2016
Ons het baie lekker gebly.  Sal beslis weer kom en julle plekkie vir almal aanbeveel. Die huisie is baie netjies en daar kort niks.

 

Danie & Heleen Smal
Oktober 9, 2016
Lekkerste naweek ooit.  Ons kids het die wild gelove. Sal jul verseker aanbeveel en verseker weer kom kuier. Baie dankie vir julle huisie.

 

Anita Curlewis
September 26, 2016
Wat ‘n wonderlike ervaring in die bos!! Paulandi is baie skoon en netjies en als is net van die beste! Behalwe die ervaring wat ons met die verskillende diere gehad het het ons die huisie net so geniet! Dit was awesome, ons sal graag weer van die plekkie gebruik maak! Baie dankie julle!

 

Hans Jonker
September 19, 2016
Paulandi is voorwaar die lekkerste plekkie wat ons betref. Dis ontspannend, baie baie gerieflik netjies en skoon. Dankie julle twee dat ons die voorreg gehad het om jul plekkie tot ons beskikking te kon he vir ‘n hele week.  Die plekkie het ‘n bekoring wat min ander plekke bied. Dit was heerlik om net op die dek te kon sit en kyk na die diere en hul maniere en ‘n skemerkelkie te drink met sonsondergang. BAIE BAIE DANKIE. ONS KOM BESLIS WEER TERUG.

 

Charlotte en Theo Nothnagel
September 9, 2016
Wat ‘n wonderlike plek, ‘n stukkie hemel. Pragtige skoon en netjiese plek. Baie gerieflik en die oulikste diere onder die son. Dit was die belewenis van ‘n leeftyd.

 

Anna Patat Rudolph Hattingh
September 7, 2016
Dit was ‘n ervaring op sy eis, ‘n goeie wegbreek van ‘n besige lewe. My kind het die ervaring van die nabyheid van diere ondervinding uiters gevind en kon nie wag vir die aande om te braai sodat die diere kon nader kom vir voedings tyd. Ons sal daarvan hou om weer te gaan.

 

Koos Grobler
September 5, 2016
Was die naweek van 2, 3 en 4 Sept by paulandi in Leeupoort.  Wat ‘n awsome lieflike nawweek.  Pragtige, gerieflike huis.  Daar is nou regtig niks te kort daar.  Pragtige uitsig vanaf die dek bo.  Die diere kom kuier en eet uit jou hand uit.  Beveel Paulandi sterk aan vir ‘n lekker wegbreek.

 

Yvette Du Toit
Augustus 30, 2016
Ek het al twee keer die voorreg gehad om by Paulandi oor te bly. Die eenheid is baie mooi, netjies en ten volle toegerus met als wat mens kan nodig kry. Die eienaars gaan altyd die ekstra myl om te verseker besoekers kry net die beste diens. Tien uit tien vir hierdie heerlike wegbreek plek!

 

Mari-Louise Cawood
Augustus 18, 2016
Amazing. There is no way to describe the atmosphere when visiting Paulandi. Surrounded by nature but still comfortable in every possible way. The feeding of animals was an amazing experience, but even the simplicity to waking up to the sounds of the bush was exactly a person getting away from the city is looking for.  I cannot say thank you enough for making my mother’s 55th birthday an amazing experience for us both and we cannot wait to come and visit again. Amazing!

 

Ryan Houbert
Julie 13, 2016
Good morning… I am writing this out of your stunning house. I would like to take this chance to thank you for a great experience… Shane and I were able to hand feed pigs, zebras and the most amazing kudu bull. I will be coming back. Thank you again.

 

Priscilla Mostert
Julie 11, 2016
Paulandi gee ‘n gerieflike en ingerigte bosveld ervaring! Dit was regtig ‘n belewenis en ons gaan beslis weer!

 

Eileen Stieler
Mei 30, 2016
Beste ervaring ooit. Baie dankie dat ons julle mooi plekkie kon deel. Dit was die beste naweek van my lewe. Al die diere eet uit jou hand uit en dit is ‘n gevoel wat jy nie kan beskryf nie mens moet dit self beleef. Julle plekkie is baie mooi en netjies. En julle gasvryheid word opreg waardeer. Julle gaan beslis weer van ons hoor en sien. Ons mis die plekkie en al die diere al klaar baie. Nogmaals baie dankie vir ‘n wonderlike naweek xxx

 

Mary Brodrick
Mei 24, 2016
Love these people. Peoples persons. Their place are Always super clean. Beautiful stylish.

 

Gawie Bester
Mei 21, 2016Ek was nou al verskeie kere by Leeupoort en kan nie kla oor enige van die blyplekke nie maar Paulandi was absoluut fantasties. Die huis is gerieflik en goed beplan. Alle benodighede was beskikbaar om ons verblyf aangenaam te maak, ek het nie eens my eie messe gebruik nie want al die messe wat mens nodig het is daar EN DIT WAS SKERP…… nie stomp nie. Ek het nie nodig gehad om enige van my eie goed uit te haal nie. Ons het op Thabazimi ‘n sak Boskos gekoop want daar was ‘n groot verskeidenheid wild, ons moes net almal voer. Die Eland eet tot die voerkrip leeg is dan wag hy vir nog. Tussen 5 en 7 koedoes op ‘n slag, 5 Zebra’s. Nyala’s, varke, bobejane en baie meer, moet nie vergeet van Saartjie wat nie hande het nie. Sy was 2 maal daar. Koedoes kan nie wag dat die voer uitgegooi word nie en eet sommer uit die emmer uit wat ek vashou. Zebra’s baklei vir ‘n happie in die voerbak. Baie dankie vir ‘n wondelike ervaring met die huur van julle vakansie huis. Sal jul beslis aanbeveel by ons familie en vriende.
Groete Gawie en Marianna Bester.

 

Johan Rudolph
Mei 15, 2016
N juweel van ‘n plekkie in die Bosveld met wild letterlik op jou voorstoep.  Besoek hulle gerus.  Julle sien ons virseker weer.
Groete Johan en Adel

 

Barbara En Danie Bezuidenhout
April 27, 2016
Wat ‘n lieflikke plek het julle nie. Alles wat ‘n mens nodig het en nog meer is daar. Die diere wat heeldag kom kuier maak dit baie spesiaal en die stilte en rustigheid wat ‘n mens ervaar is net wat ‘n mens nodig het om van die stad se lawaai en gejaag af wegte kom. Julle tariewe is baie billik en ons sal beslis weer kom kuier. Baie dankie vir julle gasvreiheid.

 

Shintez Steyl
April 25, 2016
Amazing,amazing……….. Will see Us again………….

 

Marleen du Bois
April 4, 2016
Fantastiese ervaring! Die eienaars gaan uit hulle pad te verseker alles verloop vlot en dat alles na jou wense is. Pragtige huis, nêrens ‘n vuil kol nie. Die diere wat heeldag rondom die huis is maak die belewenis onvergeetlik! Dankie.

 

Sandra Jeffree
April 1, 2016
What an amazing experience!! For once a breakaway that is affordable so we can enjoy our nature as much as International Tourists, with the best quality accommodation. The facilities, house, booking etc. was all amazing. This place is for nature lovers and those that need a break from the city. As animal lovers, we absolutely fell in love with the this house and all the animal friends coming to visit.

 

Ada de Klerk 
Maart 30, 2016

Ons is verwelkom deur 2 Sebras wat baie graag wou inkom vir ‘n geselsie. Ons het baie diere gesien. Soms groot groepe op ‘n slag. Ons was nog nooit so naby aan ‘n wildedier nie, ‘n mens vergeet amper hulle is wild. Die huis is ten volle toegerus, baie skoon en netjies. Ons het heerlik ontspan en die woord “rustigheid” het ‘n nuwe betekenis gekry. Baie dankie vir ‘n wonderlike midweek in julle pragtige plekkie. Beslis nie ons laaste kuier nie.
Groete Vic en Ada de Klerk

 

Ilze Bronkhorst
Maart 30, 2016
Baie lekker en rustige plekkie. Sal enige dag weer soontoe gaan.

 

Erika van der Westhuizen
Februarie 15, 2016
Hierdie was ‘n lieflike ervaring. Alles is wel deurdag en goed ingerig vir optimale gemak en ontspanning. Het deurlopend die 5* kwaliteit geniet, teen sakpas prys en sonder die skuldgevoel dat natuurlike hulpbronne uitgeput en misbruik is. Moet julle gelukwens met die slim beplanning van jul uitleg. Wou beslis nie terugkeer beskawing toe nadat hierdie stukkie “Hemel op Aarde” ervaar is nie.

 

Manus de Klerk
Januarie 25, 2016
What a lovely place!, the layout is comfortable and spacious enough to accommodate at least 4 people. It was truly a relaxed “home away from home” experience. They obviously spent a lot of attention on equipping the house with everything necessary to ensure a comfortable and hassle free stay.  The deck overlooking the natural bush, and feeding station, provides for a lovely shaded area from where one can observe the animals going about their daily routine. It also doubles as the perfect breakfast spot out in the fresh air. And then comes the good part!!! (Hope I am not going to get in trouble for this)….. The sliding door leading out on the deck is big enough to fit the sleeper couch through and you can try falling asleep if your eyes allow you to look away from the most spectacular view of the heavens. It is a view words cannot explain with millions of stars that fill the sky …breath-taking!


The animals are abundant and tame and one can enjoy their presence up close and personal. I believe this to be a direct result of the extra effort from the owners to keep the surrounding bush areas as natural as possible promoting natural animal behaviour and free movement around the unit. Although one could still witness the effect of the last dry season, the animals are in relative good condition and we witnessed some young ones and new-born’s. The local bird live is also abundant and one could hear them everywhere, especially early morning announcing the new day.
The braai area located on the bottom edge of the house closest to the bush had us experience the nocturnal animals’ presence with bush-babies investigating our braai activities.


One departs from Paulandi with a sense of sadness almost as if a part of you remained there. I’ll just have to go back again……and again……..and again.