Besprekings Terme en Voorwaardes

Deur Pailandi se aanlyn bespreking te voltooi word hierdie termes, voorwaardes en reëls soos hieronder uiteengesit, aanvaar.

  • Normale Bespreking:
    • Op ontvangs van u aanlyn bespreking sal ‘n faktuur binne 24 uur aan u uitgereik word kompleet met Paulandi se bank besonderhede.
    • U sal 48 uur tyd gegun word om ‘n 50% nie terugbetaalbare deposito te betaal, indien die deposito nie betaal word nie sal die besprekings gekanselleer word en die gekose dae weer beskikbaar gestel word vir besprekings.
  • Spesiale aanbieding Bespreking:
    • Op ontvangs van u aanlyn bespreking sal ‘n faktuur binne 24 uur aan u uitgereik word kompleet met Paulandi se bank besonderhede.
    • U sal 24 uur tyd gegun word om ‘n 50% nie terugbetaalbare deposito te betaal, indien die deposito nie betaal word nie sal die besprekings gekanselleer word en die gekose dae weer beskikbaar gestel word vir besprekings.
  • Algemene betalings voorwaardes:
    • Die balans van die faktuur sal betaalbaar wees 14 dae voor aankoms, indien die balans nie betaal word nie of geen aanvaarbare reëlings vooraf getref word nie sal die deposito nie terug betaal word nie. Verder sal die bespreking gekanselleer word en die gekose dae weer beskikbaar gestel word vir besprekings.
    • Indien hierdie bespreking binne 14 dae van aankoms gedoen word sal die volle faktuur bedrag betaalbaar wees binne 48 uur van die faktuur datum.
    • Indien die besprekings datum binne enige korter tyd as 48 uur is sal die volle faktuur bedrag onmiddelik betaalbaar wees.
    • Indien volle betaling nie ontvang is volgens die voorafgaande tyds bestek nie sal geen toegang gegee word nie.
  • Aankoms en Vertrek tye:
    • Aankoms is vanaf 14:00 op die eerste dag van die bespreking
    • Vertrek is om 09:00 op die oggend na die laaste nag van verblyf waarvoor betaal is.
    • Aankoms en vertrek tye sal slegs verslap word op aanvraag, onderhewig daaraan dat daar geen besprekings voor of na u aankoms en/of vertrek is nie, asook die skoonmaakdiens se skedule en beskikbaarheid.
    • Ons verlang een selfoonnommer per bespreking wat geregistreer moet word by die sekuriteitsstelsel van Leeupoort Vakansiedorp om u toegang tot die dorp te gee.
    • Saam met die faktuur sal u ook meer inligting ontvang rakende die ontvangs en terug besorging van die sleutel. Hierdie inligtings stuk bevat ook alle ander inligting om u verblyf by Paulandi so gemaklik moontlik te maak.
  • Paulandi Reëls:
    • Paulandi is ’n nierook-eenheid; rook asseblief buite en maak gebruik van die asbakkies wat voorsien word.
    • Moet onder geen omstandighede ’n vuur onbeman laat nie. Blus ’n vuur met water nadat dit klaar gebruik is. Geen vuur op die houtdek.
    • Vermy geraasbesoedeling – dit versteur die diere en ander mense.
    • Moenie rommel stooi nie.
    • Indien jy nie by die vakansiehuis is nie, sluit alle deure en venters. Bobbejane en ape kan groot skade aanrig.
    • Die rioolsisteem is ’n septiese tenk wat oorloop na ’n stapelriool (“French drain”); dus versoek ons die gaste om slegs menslike afval en toiletpapier in die toilet af te spoel. Dames gebruik die asblik.
    • Moet geen sterk chemikalieë in die drein afspoel nie, dit het ’n invloed op Leeupoort se watertafel.
    • Die spoedbeperking in die dorp is 25 km/h.  Wees te alle tye op die uitkyk vir wild wat moontlik voor die motor kan inloop.
    • Geen troeteldiere, vuurwerke, vuurwapens of vierwielmotorfietse word toegelaat nie.Jag en visvang in Leeupoort is streng verbode.
    • Leeupoort is ‘n geproklameerde natuurreservaat – geen klippe, plante, hout of diere mag verwyder word nie.
    • Respekteer te alle tye die wild en moet onder geen omstandighede die diere tart, jaag of terg nie.
    • Onthou altyd: Alhoewel die wild besonder mak lyk, bly hulle wilde diere.  Wees versigtig, jy nader die wild op eie risiko.
    • Die eienaars van Paulandi behou die reg van toegang en oortreders sal gevra word om die perseel te verlaat.
    • Paulandi se eienaars sal nie verantwoordelik gehou word vir enige besering, verlies, uitgawe of skade van enige aard hoegenaamd gely of aangegaan deur enige person wat toegang het of gebruik maak van hierdie fasiliteit nie.

Die eienaars van Paulandi behou die reg van toegang en oortreders sal gevra word om die perseel te verlaat.