REËLS

  • Paulandi is ’n nierook-eenheid; rook asseblief buite en maak gebruik van die asbakkies wat voorsien word.
  • Moet onder geen omstandighede ’n vuur onbeman laat nie. Blus ’n vuur met water nadat dit klaar gebruik is. Geen vuur op houtdek.
  • Vermy geraasbesoedeling – dit versteur die diere en ander mense.
  • Moenie rommel strooi nie.
  • Neem al jou swartsakke met rommel na die dorp se ingangshek – daar is ‘n versamelpunt vir die rommel. Leeupoort het geen straat vullis verwyderingsdiens nie en vullis wat agter gelaat word is ‘n gevaar vir die diere.
  • Indien jy nie by die eenheid is nie, sluit die deure en venters. Bobbejane en ape kan groot skade aanrig.
  • Die rioolsisteem is ’n septiese tenk wat oorloop na ’n stapelriool (“French drain”); dus versoek ons die gaste om slegs menslike afval en toiletpapier in die toilet af te spoel; geen voorwerpe nie. Dames gebruik die asblik.
  • Moet geen sterk chemikalieë in die drein afspoel nie, dit het ’n invloed op Leeupoort se watertafel.
  • Die spoedbeperking in die dorp is 25 km/h. Wees te alle tye op die uitkyk vir wild wat moontlik voor die motor kan inloop.
  • Geen troeteldiere, vuurwerke, vuurwapens of vierwielmotorfietse word toegelaat nie.
  • Jag en visvang in Leeupoort is streng verbode.
  • Leeupoort is ‘n geproklameerde natuurreservaat – geen klippe, plante, hout of diere mag verwyder word nie.
  • Respekteer te alle tye die wild en moet onder geen omstandighede die diere tart, jaag of terg nie.
  • Onthou altyd: Alhoewel die wild besonder mak lyk, bly hulle wildediere. Moet asseblief nie die risiko neem om hulle soos makdiere te hanteer nie.
  • Die eienaars van Paulandi behou die reg van toegang en oortreders sal gevra word om die perseel te verlaat.
  • Paulandi se eienaars sal nie verantwoordelik gehou word vir enige besering, verlies, uitgawe of skade van enige aard hoegenaamd gely of aangegaan deur enige persoon wat toegang het of gebruik maak van hierdie fasiliteit nie.