Paulandi – Vakansiehuis

       

Paulandi – Leeupoort was ‘n finalis in 2017 en die wenner van die 2018 Sanlam Top Destination Awards, selfsorg, ongradeerde kategorie.

Hierdie selfsorg vakansiehuis met 4 slaapplekke is geleë op erf 1016 Buffelpaadjie, uitbreiding 5, Leeupoort Vakansiedorp, sowat 500 m van die natuurreservaat se hoofingang, 400 m van die sonsondergang-uitkykpunt en bestaan uit:

1 hoofslaapkamer met dubbelbed en ‘n 9000 BTU lugversorger.

Volledige badkamer (bad, stort, wasbak en toilet).

Leefarea met twee enkelbed slaapbanke en ‘n 24 000 BTU lugversorger.

Oopplan-kombuis, ten volle toegerus en het ‘n ysmasjien.

‘n TV met die volle DSTV paket.

‘n 3m X 7m  Houtdek wat toeganklik is deur die leefarea en slaapkamer.

Op die houtdek is ‘n swaaibank, piekniekbank en braai onder dak.

‘n Klimraam vir kinders – slegs vir gebruik onder volwasse toesig.

Toegeruste Braaigeriewe en boma langs die klimraam.

 

TARIEWE 

Buiteseisoen Midweek (Maandag – Donderdag)
@ R550 per nag vir die huis.

Buiteseisoen Naweek (Vrydag – Sondag)
@ R650 per nag vir die huis – minimum 2 nagte.
Bespreek Vrydag en Saterdag nag en betaal sleg R500 vir Sondag.

Langnaweke en Gauteng skoolvakansies
@ R700 per nag vir die huis.

Piekseisoen 
(Junie, Julie en Desember skoolvakansies)
@ R900 per nag vir die huis.

Die adminfooi per bespreking beloop R300 hierdie fooi dek die skoonmaakdienste voor aankoms en die hekregistrasiefooi.


***  2018 Pensionaris afslag – spaar R 550!  ***
Pensionarise bespreek 4 buiteseisoen middel van die week nagte (Maandag – Donderdag) teen R 550 per nag vir die huis en betaal slegs vir 3 nagte.
Totaal vir 4 nagte beloop R 1950 vir die huis, adminfooi ingesluit.