Leeupoort die Dorp

Leeupoort EntranceDie ingang na Leeupoort Vakansiedorp. Hier is ongeveer 1200 woonerwe. Min of meer 550 inwoners bly permanent hier.

Die dorp het grondpaaie en die spoedbeperking in Leeupoort is 25 km/h.

 

 

Langs die ingang na die dorp is Leeukrans. Daar is ’n winkel wat in basiese benodigdhede voorsien, asook ’n drankwinkel, swembad en restaurant.

Winkel ure:

Maandag tot Donderdag 07:30 – 17:30

Vrydag tot Saterdag 07:30 – 18:00

Sondae 08:00 – 14:00

Drankwinkel ure:

Maandae 11:00 – 17:30

Dinsdag tot Donderdag 09:00 – 17:30

Vrydae 09:00 – 18:00

Saterdae 09:00 – 17:00

 

In die dorp is die gemeenskapsaal, speelgrond vir die kleingoed, jukskeibane, gholfoefenbof en biblioteek.

 

‘n Paar jaar terug het die Thabazimbi Munisipaliteit ‘n deel van die gemeenskapsaal-gebou omskep in ‘n biblioteek.

Vakansiegangers is welkom om boeke uit te neem.

Biblioteek ure: Woensdae 10:00 – 12:00

 

Naby die gemeenskapsaal is die BosPos Info-kantoor. Behalwe die “Post Net”-funksies wat die Info-kantoor bied, is daar ook geskenkies te koop en oor naweke heerlike gebak.

Daar is ook Leeupoortboekies en kaarte beskikbaar.

BosPos ure:

Dinsdae tot Vrydae 09:00 – 15:00

Saterdae  09:00 – 12:00

 

Eden is ‘n plekkie van salige stilte tussen die bome waar jy rustig op ‘n bankie kan sit en die natuur geniet.

Vanaf die jukskeibane stap jy rigting suid, oor dié bruggie om by Eden uit te kom.

 

Besoek gerus die dorp se dam in Cliviapaadjie.

Daar is ‘n bankie onder ‘n afdak waar jy kan sit en die natuurskoon geniet terwyl jy kyk hoe die wild in die dorp kom water drink.

 

Paulandi is 400 m van die sonsondergang-uitkykpunt, hoek van Kieriklapper- en Kareepaadjie, waar jy pragtige Bosveldsonsondergang geniet.

 

Besoek gerus die uitkykpunt in die natuurreservaat.  Jy kan ver oor die Bosveld kyk in Thabazimbi se rigting.

Die pad na die uitkykpunt is baie klipperig, maar kan stadig deur ‘n gewone motor aangedurf word, alhoewel ons ‘n 4X4 sou aanbeveel.

Die asemrowende uitsig maak wel op vir die pad.

Kaart (Ry-en-stap) is beskikbaar by die BosPos Info-kantoor en die Winkel.