Eienaars van Paulandi

Paul en Liandie Jonker is die eienaars van Paulandi – Leeupoort.

Die paartjie het ontmoet in 2009 en is 5 September 2010 getroud in Pretoria. Hulle het ‘n  liefde vir die natuur en het ‘n begeerte gehad om ‘n vakansiehuis  te bou en te verhuur teen billike tariewe sodat mede Suid-Afrikaners hierdie pragtige land en natuur kan geniet teen bekostigbare pryse. Na ‘n jare lange droom om ‘n stukkie bosveld te besit het ‘n vriend hulle vertel van ‘n baie spesiale dorpie met die naam van Leeupoort.

Maart 2015 het hulle Leeupoort besoek om te kyk na beskikbare eiendom en het dadelik verlief geraak op erf 1016 Buffelpaadjie, Uitbreiding 5 Oos. ‘n Aanbod om te koop is die daarop volgende week gestuur en aanvaar waarna die boulening goedgekeur is. Nadat die oordrag gefinaliseer is, is die fondasie gegrawe Augustus 2015 en die gebou is voltooi Desember 2015.

Die Tabazimbi okkupasiesertifikaat is middel Januarie 2016 ontvang. Paulandi is amptelik beskikbaar gestel aan die publiek as bekostigbare selfsorg vakansiehuis akkommodasie op 25 Januarie 2016.

Maandag, 26 September 2016 is erf 1005 Antelopepaadjie ook oorgedra in die eienaars se naam. Hierdie erf grens aan erf 1016. Die natuurlik bos gaan bewaar word op hierdie erf om die pragtige uitsig vanaf die houtdek, in die rigting van die Waterberge, te behou en om die vrylike beweging van die wild om Paulandi te verseker.

    

Paul is die eienaar van Wegbreek SA en verhuur ander vakansiehuise namens eienaars.   Houtwerk is sy stokperdjie en die meeste van Paulandi se meubelstukke sowel as die houtdek is deur hom gebou. Paul is verantwoordelik vir die webtuiste ontwikkeling en die  analitiese-brein agter Paulandi.

Liandie het na haar skoolloopbaan Grafieseontwerp studeer en 2 diplomas met lof geslaag.  Sy het ‘n passie vir fotografie, ontwerp en binnehuisversiering. Sy werk vanaf 2005 by ‘n gevestigde besigheid in Pretoria-Oos en is vanaf Junie 2017 die eienaar daarvan. Sy is die kreatiewe-brein agter Paulandi en verantwoordelik vir die bemarking.

In die eerste jaar het Paulandi – Leeupoort se Facebookblad 11 370 persone gehad wat die Facebookblad volg en het die blad 43 resensies met ‘n gemiddeld van 4.9 uit 5 sterre verwerf.  Vanaf 25 Januarie 2016 tot 25 Januarie 2017 was Paulandi ‘n totaal van 70 keer bespreek en 256 van die 365 aande geokkupeer deur besoekers, met ‘n okkupasie persentasie van 70%.

In die tweede jaar het Paulandi – Leeupoort se Facebookblad gegroei tot 22 851 persone wat die Facebookblad volg en die blad het 94 resensies met ‘n gemiddeld van 4.9 uit 5 sterre.  Vanaf 25 Januarie 2017 tot 25 Januarie 2018 was Paulandi ‘n totaal van 95 keer bespreek en 313 van die 365 aande geokkupeer deur besoekers, met ‘n okkupasie persentasie van 85,7%.

Paulandi – Leeupoort is 22 Augustus 2017 in kennis gestel dat hulle ‘n finalis is in die gesogte “Sanlam Top Destination Awards 2017”. Daar was ‘n totaal van 9 800 genomineerde instansies vanuit al die kategorieë, waarvan Paulandi – Leeupoort een van 8  finaliste vanuit 480 genomineerde instansies in die selfsorg ongedradeerde  kategorie was. Paulandi het ‘n uitnodiging ontvang na die gala aand in Kaapstad waar die wenners van elke kategorie aangekondig was. Slegs ‘n 150 instansies vanuit al die kategorieë was uitgenooi na hierdie spog aand in September 2017.
Paulandi – Leeupoort was in die Top 4! 

Paul en Liandie het alreeds baie wonderlike Suid-Afrikaners leer ken en sien uit daarna om van jou te hoor. Kontak hulle gerus om jou volgende Bosveld wegbreek te bespreek.