Besprekings Terme en Voorwaardes

Deur Paulandi se aanlyn bespreking te voltooi word hierdie termes, voorwaardes en reëls soos hieronder uiteengesit, aanvaar.

 

Normale Bespreking

  • Op ontvangs van u aanlyn bespreking sal ‘n faktuur binne 24 uur aan u uitgereik word kompleet met Paulandi se bank besonderhede.
  • U sal 48 uur tyd gegun word om ‘n 50% nie terugbetaalbare deposito te betaal, indien die deposito nie betaal word nie sal die besprekings gekanselleer word en die gekose dae weer beskikbaar gestel word vir besprekings.


Spesiale aanbieding Bespreking

  • Op ontvangs van u aanlyn bespreking sal ‘n faktuur binne 24 uur aan u uitgereik word kompleet met Paulandi se bank besonderhede.
  • U sal 24 uur tyd gegun word om ‘n 50% nie terugbetaalbare deposito te betaal, indien die deposito nie betaal word nie sal die besprekings gekanselleer word en die gekose dae weer beskikbaar gestel word vir besprekings.


Algemene betalings voorwaardes

  • Die balans van die faktuur sal betaalbaar wees 14 dae voor aankoms, indien die balans nie betaal word nie of geen aanvaarbare reëlings vooraf getref word nie sal die deposito nie terug betaal word nie. Verder sal die bespreking gekanselleer word en die gekose dae weer beskikbaar gestel word vir besprekings.
  • Indien hierdie bespreking binne 14 dae van aankoms gedoen word sal die volle faktuur bedrag betaalbaar wees binne 48 uur van die faktuur datum.
  • Indien die besprekings datum binne enige korter tyd as 48 uur is sal die volle faktuur bedrag onmiddelik betaalbaar wees.
  • Indien volle betaling nie ontvang is volgens die voorafgaande tyds bestek nie sal geen toegang gegee word nie.|


Kansellasies / Veranderinge van datums

  • ‘n Deposito is nie terugbetaalbare nie.
  • Sou u genoordsaak word om die bespreking te kanseleer / verander na ander beskikbare datums op Paulandi se kalender, sal die verandering gepaart gaan met ‘n R300 adminfooi.
  • Indien  daar ‘n verskil is in die kostes van die bespreking, is die verskil tesame met die R300 adminfooi betaalbaar binne 24 uur, alvorens die bespreking geskuif word na die nuwe datums.


Aankoms en Vertrek tye

  • Aankoms is vanaf 14:00 op die eerste dag van die bespreking
  • Vertrek is om 09:00 op die oggend na die laaste nag van verblyf waarvoor betaal is.
  • Aankoms en vertrek tye sal slegs verslap word op aanvraag, onderhewig daaraan dat daar geen besprekings voor of na u aankoms en/of vertrek is nie, asook die skoonmaakdiens se skedule en beskikbaarheid.
  • Ons verlang een selfoonnommer per bespreking wat geregistreer moet word by die sekuriteitsstelsel van Leeupoort Vakansiedorp om u toegang tot die dorp te gee.
  • Saam met die faktuur sal u ook meer inligting ontvang rakende die ontvangs en terug besorging van die sleutel. Hierdie inligtings stuk bevat ook alle ander inligting om u verblyf by Paulandi so gemaklik moontlik te maak.


Paulandi en Leeupoort Reëls

Deur die aanlyn bespreking te voltooi onderneem die besoeker en metgeselle om die volgende te eerbiedig:

  • Neem alle swartsakke met rommel na die dorp se ingangshek met jou vertrek – daar is ‘n versamelpunt vir die rommel. Leeupoort het geen straat vullis verwyderingsdiens nie en vullis wat agter gelaat word is ‘n gevaar vir die diere. Indien jy dit nie doen nie sal ons ongelukkig ‘n rekening van R100 moet stuur vir die koste wat ons die skoonmaakdienste moet betaal om dit te verwyder.
  • Alle skottelgoed moet asseblief af gedroog en weg gepak word, moenie jou skottelgoed vir die skoonmaakdientste agter laat nie.
  • Moenie kinders sonder volwasse toesig op die klimraam toelaat nie. Ons hou geen verantspreeklikheid vir enige beserings nie en die gebruik van die klimraam is slegs op eie risiko.
  • Paulandi is ’n nierook-eenheid; rook asseblief buite en maak gebruik van die asbakkies wat voorsien word.
  • Moet onder geen omstandighede ’n vuur onbeman laat nie! Blus ’n vuur met water nadat dit klaar gebruik is. Neem asseblief die as saam met jou vullis die dag met vertrek.
  • Vermy geraasbesoedeling – dit versteur die diere en ander mense.
  • Moenie rommel strooi nie.
  • Indien jy nie by die eenheid is nie, sluit die deure en venters. Bobbejane en ape kan groot skade aanrig.
  • Die rioolsisteem is ’n septiese tenk wat oorloop na ’n stapelriool (“French drain”); dus versoek ons die gaste om slegs menslike afval en toiletpapier in die toilet af te spoel; geen voorwerpe nie. Dames maak gebruik van die asblik vir die wegdoen van sanitêre afval.
  • Moet geen sterk chemikalieë in die drein afspoel nie, dit het ’n invloed op Leeupoort se watertafel.
  • Die spoedbeperking in die dorp is 25 km/h. Wees te alle tye op die uitkyk vir wild wat moontlik voor die motor kan inloop.
  • Let asseblief op na die natuurreservaat se hek tye op die bord en hou daarby.
  • Geen troeteldiere, vuurwerke, vuurwapens of vierwielmotorfietse word toegelaat nie.
  • Jag en visvang in Leeupoort is streng verbode.
  • Leeupoort is ‘n geproklameerde natuurreservaat – geen klippe, plante, hout of diere mag verwyder word nie.
  • Respekteer te alle tye die wild en moet onder geen omstandighede die diere tart, jaag of terg nie.
  • Onthou altyd: Alhoewel die wild besonder mak lyk, bly hulle wildediere. Moet asseblief nie die risiko neem om hulle soos makdiere te hanteer nie.
  • Die eienaars van Paulandi behou die reg van toegang en oortreders sal gevra word om die perseel te verlaat.
  • Paulandi se eienaars sal nie verantwoordelik gehou word vir enige besering, verlies, uitgawe of skade van enige aard hoegenaamd gely of aangegaan deur enige persoon wat toegang het of gebruik maak van hierdie fasiliteit nie.