TUISBLAD

Paulandi Vakansiehuis bied lafenis en rustigheid vir die siel in ‘n absolute asemrowende Bosveld paradys. Dis geleë in die malariavrye area van Leeupoort Vakansiedorp in die Thabazimbi-distrik, Limpopo. Maklik bereikbaar met die R516, is dit geleë sowat 58 km vanaf Thabazimbi en 72 km vanaf Bela-Bela.

Plaas jou muis oor die skyfievertoning om dit te onderbreek, jy kan ook aan die
linker- of regterkant van die foto klik om vorentoe te beweeg of terug te spoor.

Paulandi is ‘n gerieflike selfsorg Bosveld-vakansiehuis met slaapplek vir vier mense en is geleë in ‘n natuurreservaat omring deur die Waterberge. Die reservaat is die tuiste van meer as 50 spesies soogdiere, ‘n 170 spesies voëls, en ‘n 114 boomspesies. Die wild loop in die strate en wei tussen die huise, want hier bestaan ’n besonderse band wat deur die jare tussen mens en dier gesmee is.

Daar is baie staproetes in die natuurreservaat wat deur ‘n wye verskeidenheid inheemse bome kronkel. Besoekers het van 07:00 – 18:00 vrye toegang tot die 823 ha natuurreservaat waarin hulle kan stap, draf, fietsry of motor ry.

Die welige bosveldplantegroei verskaf genoeg weiding vir ‘n verskeidenheid wild soos Kameelperde, Blou Wildebeeste, Elande, Koedoes, Rooibokke, Njala, Vlakvarke en Sebras. Dit is ook ’n paradys vir voëlliefhebbers.

Leeupoort het ’n gematigde klimaat regdeur die jaar. Dit is warm in die somer met ’n hoë reënval van September tot April, en is bekend vir donderstorms in die middae. Gedurende die droë wintermaande bly die klimaat matig, alhoewel temperature aansienlik kan daal in die nag.

VERKEN PAULANDI